Cat Stevens

Yusuf Islam/Cat Stevens
Cat Stevens in 1972
Agtergrondinligting
GeboortenaamSteven Demetre Georgiou
Gebore21 Julie 1948 (1948-07-21)
Marylebone, Londen, Engeland
GenresFolk
Beroep(e)Sanger
Jare aktief1965–80 (as Cat Stevens)
1995–nou (as Yusuf Islam)
EtiketteDeram Records
Island Records
A&M Records
Mountain of Light
Jamal
Ya
Atlantic Records
Legacy Recordings
Webwerfwww.yusufislam.com

Yusuf Islam (gebore Steven Demetre Georgiou, 21 Julie 1948), algemeen bekend onder sy voormalige verhoognaam Cat Stevens, is 'n Britse sanger-liedjieskrywer.[1] Sy debuutalbum Matthew and Son van 1967 het die top 10 in die Verenigde Koninkryk bereik, en die album se titelliedjie Matthew and Son is in nommer 2 op die Britse Singles Chart genommer. Sy albums Tea for the Tillerman (1970) en Teaser and the Firecat (1971) het albei platinumstatus bereik in die VSA.[2] Sy musikale styl bestaan uit folk-, pop-, rock- en Islamitiese musiek.[3][4][5]

Sy album Catch Bull at Four was in in 1972 vir drie weke lank nommer een op die Billboard 200 en vyftien weke nommer een op die Australiese ARIA-treffersparade.[6][7] Hy wen in 2005 en 2006 twee ASCAP-liedjieskrywerspryse vir The First Cut Is The Deepest, en dié liedjie word later 'n treffer vir vier verskillende kunstenaars.[8] Van sy ander treffers is Father and Son, Wild World, Peace Train, Moonshadow, en Morning Has Broken. In 2007 ontvang hy die Britse Akademie se Ivor Novello-prys vir Uitstaande Liedversameling.[9]

In Desember 1977 het Stevens hom tot Islam bekeer,[10] en die naam Yusuf Islam in die volgende jaar aangeneem. In 1979 skenk hy al sy kitare om vir liefdadigheid opgeveil te word,[11] en staak sy musiekloopbaan om homself vir opvoedkundige en filantropiese werk in die Moslem-gemeenskap aan te wend. Hy was gewikkel in 'n langdurige omstredenheid rakende opmerkings wat hy in 1989 gemaak het oor die fatwa op die skrywer Salman Rushdie. Hy het twee eredoktorsgrade en toekennings vir die bevordering van vrede ontvang van twee organisasies wat deur Michail Gorbatsjof gestig is.

In 2006 maak hy na 28 jaar 'n terugkeer na popmusiek met die album An Other Cup.[12][13] Met die vrystelling van dié album en die daaropvolgende albums gebruik hy die verhoognaam Yusuf.[13] In 2009 stel hy die album Roadsinger vry en in 2014 Tell 'Em I Gone. Hierna onderneem hy sy eerste Amerikaanse toer sedert 1976.[14] In 2014 word hy by die Rock and Roll Hall of Fame ingelyf.[15] Op 12 September 2016 begin sy tweede Amerikaanse toer sedert sy herlewing en hy tree op in 12 intieme vertonings.[16]

  1. "Prince goes pop to praise school". BBC News (in Engels). 10 Mei 2000. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Januarie 2020. Besoek op 28 Mei 2017.
  2. RIAA – Gold and Platinum Geargiveer 4 September 2015 op Wayback Machine Recording Industry Association of America. URL besoek op 22 Januarie 2011
  3. Kelly Boyer Sagert (1 Januarie 2007). The 1970s. Greenwood Publishing Group. pp. 166–. ISBN 978-0-313-33919-6.
  4. Alfred William Cramer (2009). Musicians & Composers of the 20th Century: Gram Parsons-Igor Stravinsky. Salem Press. pp. 1405–1406. ISBN 978-1-58765-516-6.
  5. Samir Amghar; Amel Boubekeur; Michael Emerson (2007). European Islam: Challenges for Public Policy and Society. CEPS. pp. 71–. ISBN 978-92-9079-710-4.
  6. Billboard – Catch Bull at Four Allmusic. URL besoek op 20 Oktober 2011
  7. David Kent (1993) (doc). Kent Music Report, Australian Chart Book 1970–1992. St Ives, N.S.W
  8. "Songwriter of the Year, Yusuf Islam (formerly Cat Stevens), First Cut Is The Deepest" (in Engels). ASCAP. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Mei 2012. Besoek op 24 Oktober 2008.
  9. "Ivor Novello winners 2007". BBC News. URL besoek op 3 Maart 2015
  10. Fitzsimmons, Mick; Harris, Bob (5 Januarie 2001). "Cat Stevens – A Musical Journey". Taped documentary interview synopsis (in Engels). BBC2. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 September 2018. Besoek op 20 Desember 2008.
  11. Phillips, Mark; Faber, Judy (12 Augustus 2007). "Yusuf Islam Reflects on His Return: Artist Once Known As Cat Stevens Talks About New Album". CBS Sunday Morning. CBS News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Februarie 2009. Besoek op 11 Februarie 2009. Hierdie berig is oorspronklik op 3 Desember 2006 uitgesaai. Hy het intussen ten minste een van hierdie kitare teruggekoop deur die ondernemings van sy seun Yoriyos – sien 12:50 by http://www.bbc.co.uk/programmes/b05qtp7d
  12. Donahue, Ann (18 April 2009). "Yusuf Islam's past, present in harmony on new album". Reuters. Besoek op 27 April 2009.
  13. 13,0 13,1 "Why Has Yusuf Dropped Islam From His Stage Name?". Chinese Whiskers-FAQs (in Engels). YusufIslam.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2013. Besoek op 8 November 2010.
  14. Simon, Scott; NPR Staff (1 November 2014). "'It's A Bit of a Gift': Yusuf Islam on His Break And Return To Music". National Public Radio (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 April 2019. Besoek op 1 November 2014.
  15. "A Guide To The Rock And Roll Hall of Fame’s Class of 2014". Time. URL besoek op 18 December 2013
  16. "Yusuf Islam Plots Intimate North American Tour" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Desember 2017. Besoek op 30 Mei 2017.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy